Sint Sofia-katedraal, Kijif

Sint Sofia-katedraal
Plaaslike naam  Собор святої Софії
Land Vlag van Oekraïne Oekraïne
Soort Argitektoniese monument
Streek Sjeftsjenkifski-distrik
Geskiedenis
Gestig 11de eeu
Unesco-wêrelderfenisgebied
Kriteria i, ii, iii, iv
Verwysing 527
Inskripsie 1990
Streek† Europa
Beskrywing* Kijif: Sint Sofia-katedraal en Verwante Kloostergeboue, Kijifse Petsjersk-lawra
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Die Sint Sofia-katedraal in Kijif, Oekraïne, is 'n argitektoniese monument van Kiëf-Roes. Die voormalige katedraal is een van die stad se bekendste landmerke en saam met die Kijifse Klooster van die Grotte die eerste wêrelderfenisgebied in Oekraïne.[1] Benewens die hoofgebou sluit die katedraal 'n groep ander geboue in, soos die kloktoring. In 2011 is die historiese terrein verskuif van die jurisdiksie van die Oekraïense departement van streeksontwikkeling na dié van die departement van kultuur.[2][3] Een van die redes was dat die katedraal en die Klooster van die Grotte deur Unesco as een terrein beskou word, terwyl dit in Oekraïne deur twee aparte regeringsinstellings beheer is. Dit is tans 'n museum.

In Oekraïens is die katedraal bekend as Sobor Swjatoji Sofiji (Собор Святої Софії) of Sofiiski sobor (Софійський собор). Die katedraalkompleks is die hoofkomponent en museum van die Nasionale Heiligdom "Sofia van Kijif", die staatsinstelling wat verantwoordelik is vir die bewaring van die kompleks sowel as vier ander landmerke in die land.

  1. Kyiv Pechersk Lavra, St. Sophia Cathedral remain on UNESCO's World Heritage List, Interfax-Ukraine, 20 June 2013, http://www.interfax.co.uk/ukraine-news/kyiv-pechersk-lavra-st-sophia-cathedral-remain-on-unescos-world-heritage-list/ 
  2. "Міністерство культури України". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2012. Besoek op 10 Julie 2015.
  3. Голос України.–2011.–9 лютого. Міністерств багато, а Софія Київська – одна.–Градоблянська Т. (regeringswebtuiste) Geargiveer 16 Julie 2012 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search